Karamelsous 1 Gooi die karamel in ’n klein kastrol en verhit oor matige hitte. Laat effens afkoel. 2 Voeg die room by en meng goed deur. Gooi in ’n glas- of plastiekhouer wat dig seël. 3 Witsjokolade-ganache: Verhit die room in ’n klein kastrol, trek die kastrol van die hitte af en voeg die witsjokolade by. Roer tot die sjokolade gesmelt is. Gooi in ’n glas- of plastiekhouer wat dig seël. 4 Ryg die aarbeie en malvalekkers op sosatiestokkies. Gooi die vermicelli en amandels in twee verskillende digsluitende bakkies. 5 Pak alles in ’n piekniekmandjie en laat elke kind die aarbeie en malvalekkers in die onderskeidelike souse en bolae doop. Hou dit weg van die grootmense af!