Prettige poedingmandjie vir die kinders deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek
Prettige poedingmandjie vir die kinders
Ingredients
- Karamelsous
- • 1 blik karamel
- • 250 ml (1 k) room
- Witsjokolade-ganache
- • 100 g witsjokolade, gekap
- • 250 ml (1 k) room
- Pak in
- • 8-10 aarbeie
- • 8-10 malvalekkers
- • 125 ml (½ k) sjokolade-vermicelli
- • 100 g gevlokte amandels, liggies gerooster
Instructions
Karamelsous
1 Gooi die karamel in ’n klein kastrol en verhit oor matige hitte. Laat effens afkoel.
2 Voeg die room by en meng goed deur. Gooi in ’n glas- of plastiekhouer wat dig seël.
3 Witsjokolade-ganache: Verhit die room in ’n klein kastrol, trek die kastrol van die hitte af en voeg die witsjokolade by. Roer tot die sjokolade gesmelt is. Gooi in ’n glas- of plastiekhouer wat dig seël.
4 Ryg die aarbeie en malvalekkers op sosatiestokkies. Gooi die vermicelli en amandels in twee verskillende digsluitende bakkies.
5 Pak alles in ’n piekniekmandjie en laat elke kind die aarbeie en malvalekkers in die onderskeidelike souse en bolae doop. Hou dit weg van die grootmense af!