Pragtige wimpers: Ons toets lash lift-behandelings deur Suzanne Kotzé. Video Corné Greeff. Hooffoto: iStock/licsiren
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Ek het al twee keer voor spesiale geleenthede wimperverlengings laat aansit en dit lyk wonderlik. Jy het min grimering nodig, want die wimpers laat jou “gedoen” en afgerond lyk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Hoewel dit wonderlik lyk, pas dit nie by my leefstyl nie. Jy moet dit gereeld laat opknap as jou wimpers begin uitval en dit is ’n tydrowende proses.
Dit is ook baie sigbaar wanneer die wimpers begin uitval. Ek hou van ooggrimering en elke keer wanneer ek my grimering verwyder het, het ’n paar uitgeval. As jy nie dikwels ooggrimering dra nie, en eerder net ’n lipstiffie, sal dit dalk langer hou.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Ek was nuuskierig oor die lash lift waaroor almal praat en het dit op die proef gestel om te sien of dit goed sal werk.
Dis wat ek ervaar het:
Met ’n lash lift word jou wimpers met ’n chemiese behandeling gekrul (amper soos die tagtigerjare se perms) en dan gekleur.
Ek was aangenaam verras met hoeveel voller en gekrul my wimpers is. Met gekrulde wimpers lyk jou oë natuurlik ook groter. As ek geen grimering aanhet nie, lyk my oë steeds mooi en opvallend danksy die donkerder wimpers. Met maskara aan lyk dit natuurlik nog beter.
Die enigste negatiewe punt is dat my wimpers nou soveel krul dat dit soms aan my ooglede raak en dan smeer my maskara. Om dit te voorkom, sal ek ’n waterdigte maskara aanskaf.
Ons het die behandelings by Eyecandy Brows laat doen en dit kos R550. Dit is beskikbaar by uitgesoekte salonne landswyd.
Die produk is ook vir R1 100 by Takealot beskikbaar, maar dit is ’n behandeling wat ons liefs in ’n salon sal laat doen.
Verbeter jou tuinvaardighede met wenke wat vir die somerseisoen gepas is. Somer is…
Ons lewe in onseker tye, en met meer en meer mense wat antwoorde soek, het…
As jy niks anders vir ontbyt kan maak nie, bak dan ten minste 1 keer…
Celeste Loots, wat vir haarself naam gemaak het in die Showmax-reekse Trompoppie en Wyfie, het…
Lewer: 30 broodstokkies Moeitevlak: Maklik Bereidingstyd: 15 min. + 30 min. verkilling Baktyd: 5 min. …
Lof vir Frank Opperman se rol as Pa Lourens in Nêrens, Noord-Kaap stroom in, maar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.