5 pragtige versierings vir jou Kerstafel wat jy self met plante kan maak

5 pragtige versierings vir jou Kerstafel wat jy self kan maak Deur René Slee. Foto’s deur Leana Clunies-Ross. Hierdie artikel het oorspronklik in die Desember 2006-uitgawe van rooi rose verskyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sierlik! Trek jou huis vir Kersfees aan

Gebruik plantmateriaal as jy vanjaar ’n tradisionele Kersatmosfeer in jou huis skep. Hier is 5 pragtige versierings vir jou Kerstafel wat jy self kan maak uit die rooi rose-argiewe!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Kersbome vir die tafel

1 Laat staan drie klein Kersboom-vormpies van oasis in water tot hulle deurweek is.

2 Bedek elke vorm heeltemal met blare van jou keuse. Gebruik net een soort blaar vir elke boompie. Enige plantmateriaal kan gebruik word, ons s’n is van varingblaartjies en Leucadendron omdat die tekstuur en vorms daarvan aan Kersversierings herinner, maar enige blink, wasagtige blare soos huls (ilex) of groot klimopblare sal goed werk.

3 Die blare moet almal in dieselfde rigting om die boompie vasgesit word. Druk die blaar se steeltjie in die oasis en anker die ander kant van die blaar met klein tandestokkies of ’n stukkie blomdraad aan die oasis vas.

4 Versier die blaarboompies met saadkoppe, klein, ronde krisante en sjokoladelekkertjies. (Ons het sosatiestokkies aan albei kante skerp gemaak en die een punt in die sjokoladeballetjie gedruk en die ander in die oasis om die balletjies in plek te hou.)

5 Vir ’n informeler Kerskuier in die kombuis maak helder lapservette gawe plekmatjies wat bydra tot die vrolike, feestelike atmosfeer.

6 Sit ’n geurige kruiebossie vir so ’n ietsie spesiaals by elke plek neer. Jy kan kruidagtige blare, soos roosmaryn en tiemie wat nie gou verlep nie, as basis vir die bossies gebruik.

Kersboompie

2. Kersfeesblomme

1 Kies blomme waarvan die vorm en tekstuur na Kersversierings lyk en vul twee lang glasvase tot oorlopens toe vol daarmee. Ons het krisantjies, rose, loof en papawersaadkoppe gebruik.

2 Druk sjokoladeballetjies op sosatiestokkies tussen die styfgepakte blomme in en kroon die rangskikkings met ’n paar lang stingels roosmaryn wat jy soos ’n boog oor elke vaas buig.

3 Maak bypassende klein rangskikkings in mooi glasies om langs elke plek neer te sit.

5 pragtige versierings vir jou Kerstafel wat jy self met plante kan maak: Kersfeesblomme

3. Appelkrans

1 Laat lê ’n oasiskrans in water tot dit deurweek is.

2 Druk eers die krans vol varinkies (jy kan ook konifeertakkies, fynbos, kuslaventel en peperboomtakkies gebruik, of akkerblare een-een indruk) en versier die blaarkrans dan met saadkoppe en appels. Anker die appels (soos bo verduidelik) met sosatiestokkies vas.

3 Voltooi die krans deur ’n glaswindskerm in die middel te sit en binne-in ’n potjie waarin lang, rooi kallalelies staan gemaak word. ’n Lekker lang, vet kers in die skerm pleks van die blomme sal net so effektief lyk.

5 pragtige versierings vir jou Kerstafel wat jy self met plante kan maak: Appelkrans

Appelkrans met kallalelies

4. Vetplant-Kerskrans (oftewel Skoonma se stoel)

1 Gebruik net die ring waarin ’n oasiskrans gewoonlik gesit word, en pak die kaktusplantjies taamlik styf teen mekaar in die leë ring. Ons het echinokaktusse gebruik wat in ideale omstandighede so groot soos ’n balie kan word. Daar word na dié groot kalante as “skoonma se stoel” verwys.

2 Vul die ruimte tussen die plantjies op met die grond waarin hulle geplant was. Op dié manier kan jy ná Kersfees die kaktusse ongesteurd in die ringvorm verder laat groei. Pleks van echino’s kan jy ook woestynrosies of ons inheemse plakkies gebruik.

3 Maak ’n “bak” vir jou krans deur ’n lang stuk gaasdraad onder om die oasisring te vou sodat dit die ring verbloem en die rande aan weerskante byna so hoog soos die plantjies is. Sny die gaasdraad op die skuinste sodat dit plooibaar is en soveel moontlik uitgerek kan word.

4 Vul die gaasbak op met mos wat die oasisring bedek.

Skoonma se stoel

Skoonma se stoel

5. Glasbewertjie

1 Draai eers ’n koord met klein rysliggies om ’n draadring en daarna toue glaskrale wat jy per meter by Grandiflora koop. Maak seker dat die krale die koord mooi bedek, maar dat die kragprop aan die bokant van die ring tussen die krale uitsteek sodat dit maklik met ’n verlengingskoord verbind kan word. Draai die krale ook om die draad waarmee jy die bewertjie aan die plafon wil laat hang.

2 Bind klein glasengeltjies, silwer Kersfeesballetjies, en klein sakkies van fyn gaasdraad met silwer toutjies en wasige, silwerwit lint aan die glaskrans vas. Sit plastiekbuisies vol water in elke gaassakkie en steek ’n wit roos daarin.

3 Ons het die bewertjie aan een van die hoë takke van ‘n droë boom vasgemaak sodat die engeltjies bokant ’n sithoekie kan sweef.

5 pragtige versierings vir jou Kerstafel wat jy self met plante kan maak: Glasbewertjie

Glasbewertjie

Vir nog mooi Kersfees-inspirasie, loer hier

’n Doen-dit-self-Plaaskersfees

Die mooiste idees vir jou Kerstafel

10 nostalgiese koekies wat jy hierdie Kersfees moet bak

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

9 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

14 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

16 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

16 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

16 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

16 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.