kategorieë: VelsorgSkoonheid

Pragtig op enige ouderdom: Sorg só vir jou vel

Die feite

• Sonskade dra die blaam vir tot 80% van die tekens van voortydige veroudering. Die skade is sigbaar in ’n oneweredige tekstuur, droogheid, fyn lyntjies en plooie en selfs verslapping van die vel. Voorkoming is eenvoudig: dra elke dag van jou lewe sonroom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Onlangse studiebevindings toon aan dat stres ’n groot uitwerking op die toestand van die vel het. Dermatoloë skryf baie van hul pasiënte se velprobleme aan stres toe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Jou gene speel ook ’n rol. Kyk na hoe jou ouers verouder het. Dis sal jou ’n aanduiding gee van die soort probleem waarmee jy later gaan sukkel sodat jy betyds voorsorg kan tref. Die genetiese faktor is nie noodwendig problematies nie. Sommige van ons kan ’n goeie vel erf wat baie probleme kan uitskakel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Ligte velle is meer geneig om sensitief en droog te wees wat tot voortydige lyne en plooie kan lei. Donkerder velle bevat meer melanien, die kleurpigment was as beskerming dien. Olieriger velle is ook geneig om stadiger te verouder.

• Dis noodsaaklik om jou vel in elke ouderdomsfase genoeg te bevog. Danksy tegnologiese vooruitgang is daar nou produkte wat die hoeveelheid bevogtiging aanpas sodat elke deel van die gesig die regte hoeveelheid vog kry wat nodig is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Jy kan dadelik sien wanneer iemand haar vel goed versorg. Dit gaan nie altyd oor die hoeveelheid plooie nie – helderheid en ’n gladde tekstuur is ook jeugdige eienskappe.

Voorkoming

Een van die vreugdes van jonkheid is dat ’n mens nooit kan dink dat jy oud sal word nie. Maar ongelukkig gebeur dit wel en as jy jou vel in jou jongdae nie goed versorg het nie, sal jy die tekens van veroudering vroeër opmerk – die skade wat jou vel in jou jeug opgedoen het, wys gewoonlik eers tien jaar later.

Niemand is lus vir ’n gekompliseerde skoonheidsroetine nie. Al wat nodig is, is ’n reiniger, opknapper en vogroom twee keer per dag. Opknappers is nood-saaklik omdat hulle die PH-balans van die vel herstel wanneer jy, soos baie ander tieners, met aknee sukkel. ’n Afskilfermiddel twee keer per week voorkom verstopte porieë en raak van dooie velselle ontslae sodat jou vogroom beter geabsorbeer kan word.

Jong mense met olierige velle gebruik graag sterk produkte om van die olierigheid ontslae te raak, maar op die lang duur is produkte wat sensitiewer is, ’n beter keuse.

Hulp vir die eerste tekens van veroudering

Dit is die fase wanneer jy die eerste fyn lyntjies, plooie en donker skaduwees, gewoonlik om die oë, raaksien. Jou vel voel nie meer so vogtig soos vroeër nie en lyk nie meer so helder en vars soos vantevore nie. Hormonale veranderinge in swangerskappe kan dieselfde skade aanrig. Antioksidante speel ’n belangrike rol om hierdie probleme teë te werk omdat dit die selle beskerm teen skade wat deur vrye radikale veroorsaak word. Faktore soos stres, hormone en omgewingsveranderinge dra almal daartoe by dat vrye radikale jou selle aanval.

In hierdie fase van jou lewe moet jy ’n oogroom begin gebruik, asook ’n afskilfermiddel. Begin met ’n ligte jel- of roomformule vir die oë en tik dit liggies om die oogkas aan, nie te na aan die wimpers nie, anders kan jou oë dalk pofferig raak. Tik met jou ringvinger klein kolletjies van die room om die oog. Namate jy ouer word, neem jou selle langer om hulself te vernuwe en droë velselle kan makliker ’n verskyning maak en die vel glansloos laat lyk. ’n Goeie afskilfermiddel twee keer per week raak nie net van die droogheid ontslae nie, maar gee jou sirkulasie ’n hupstootjie wat jou vel varser laat lyk. Die plekke wat die maklikste tekens van veroudering wys, is die nek, borsgedeelte en hande – maak seker jy wend hier ook daagliks sonroom aan.

Vir ’n oneweredige tekstuur

Die algemeenste velprobleem in ons land is hiperpigmentasie wat donker vlekke, kolle en ’n oneweredige tekstuur insluit. Daar is heelwat sterk, aktiewe bestanddele in sommige produkreekse wat baie kan help om met dié probleme klaar te speel. Wees op die uitkyk na AHA (alfahidroksiesure) en retinol-ekstrakte. Maar dit is nie ’n oplossing wat oornag resultate sal lewer nie. Met gereelde gebruik is die resultate binne 8–12 weke sigbaar. Die enigste voorkoming is om soveel moontlik uit die son te bly en altyd ’n goeie sonroom te gebruik. Afskilfering kan help om van die dooie velselle ontslae te raak sodat die melanien weer eweredig kan versprei.

Herstel só

Namate jy ouer word, word die probleme moeiliker om te behandel. Ons estrogeenvlakke neem af, wat beteken dat die vel elastisiteit verloor, minder vloeistof behou en maklik dof lyk. Die meeste teenverouderingsrome bevat ’n kombinasie van bestanddele wat die drie grootste kwellings takel. Eerstens moet die kollageen- en elastienvesels versterk word. Hulle verskaf ’n ondersteuningsnetwerk en laat die vel fermer lyk. Rome verskaf vog wat die vel opplomp, gladder maak en helderder laat lyk.

Met ouderdom word die oneweredigheid erger en omdat lyne, plooie en vlekke nie soveel lig weerkaats nie, lyk die vel dof. Dit word noodsaakliker om produkte te gebruik wat die buitenste laag van die vel gladder maak, asook produkte wat ligweerkaatsende deeltjies bevat. Minerale soos sink, koper en magnesium in die formules help om die helderheid te verbeter.

Serums gee die vel ’n hupstootjie in tye wanneer ekstra sorg nodig is. Gesigmaskers sorg vir intensiewe voeding en kan gebruik word wanneer dit nodig is. Afskilferings is belangrik omdat hulle van die dofheid ontslae raak en selvernuwing aanwakker.

Lees ook: 10 dinge wat met jou vel gebeur soos wat jy ouer word

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

16 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

17 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

20 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

21 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.