kategorieë: KalenderOntspanning

Poppie Nongena word in 2020 in fliekteaters uitgereik

Poppie Nongena word in 2020 in fliekteaters uitgereik. Foto’s en inligting verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Poppie Nongena word in 2020 in fliekteaters uitgereik

KAAPSTAD, 16 Julie 2019: Vervaardiger Helena Spring het aangekondig dat die nalatenskap fliek, Poppie Nongena op 30 Januarie 2020 in fliekteaters landswyd uitgereik sal word. Die fliek is gebaseer op die bekroonde boek “Die Swerfjare van Poppie Nongena” deur Elsa Joubert.

Lees ook: Beeld van ’n Vrou: Elsa Joubert

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Clementime Mosimane maak haar rolprentdebuut as Poppie. Die res van die rolverdeling sluit groot name in, soos Anna-Mart van der Merwe (Stuur groete aan Mannetjies Roux, Skin, Die Storie van Klara Viljee, Dis Koue Kos, Skat, Kanarie), Dawid Minnaar (Torings, Fiela se Kind, Nag van die 19de, 7de Laan, Amalia), Rolanda Marais (Wolwedans in die Skemer, Binnelanders, Out on a Limb, Dead Easy) en Lida Botha (Invictus, Susters, Windprint, Pad na jou Hart, Die Boekklub, Hollywood in my Huis).  Nomsa Nene, wat die naamrol vertolk het in die verhoogproduksie Poppie – wat ook van 1982 tot 1984 internasionaal opgevoer is – vertolk die rol van Poppie se ma.

Poppie Nongena vertel die aangrypende verhaal van ’n Afrikaanssprekende Xhosa-vrou wie se lewe om haar gesin draai terwyl sy probeer om stabiliteit te vind in ʼn era van ondraaglike onrus in Suid-Afrika. Dit speel in ’n tyd af waarin swart vroue deur boetes, arrestasies en gedwonge verskuiwings gedwing is om hul tuistes te verlaat om in afgeleë gebiede, die sogenaamde swart tuislande, ’n nuwe lewe te gaan begin.

Wanneer Stone, Poppie se man, te siek word om te werk, beskou die owerhede haar skielik as ’n onwettige burger in haar eie land. Sy voer ’n desperate stryd om wettiglik te mag bly, al beteken dit sy moet van huis na huis trek en gedurig aansoek doen vir permitte en verdere uitstel. Poppie werp alles in die stryd om nie van haar kinders geskei te word nie. Maar uiteindelik word sy vasgevang in die spervuur van haar kinders se behoeftes, haar man se siekte, ’h gemeenskap se woede en onderdrukkende wette. In 1976 – net toe die onluste uitbreek – word Poppie uiteindelik gedwing om die stryd gewonne te gee.

Die roman is wyd geloof en word steeds beskou as baanbrekerswerk in die Afrikaanse letterkunde. Dis binne die eerste vier maande drie maal herdruk en uiteindelik in dertien tale vertaal. Plaaslik is dit bekroon met die W.A. Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys. Die British Royal Society het Joubert bekroon met die Winifred Holtby-prys en sy is in 1981 aangewys as ’n “Fellow of the Society”. Joubert se latere werk is bekroon met talle plaaslike en internasionale pryse, onder meer die Hertzogprys, die mees gesogte prys in die Afrikaanse letterkunde.

Die veelbekroonde dramaturg en regisseur Christiaan Olwagen het die regie behartig, en Vicci Turpin was verantwoordelik vir die kinematografie. Olwagen was die regisseur van drie vorige rolprente (Die Seemeeu, Johnny is nie dood nie en Kanarie). Die draaiboek is deur Olwagen en die bekroonde dramaturg Saartjie Botha verwerk.

Volgens Spring fokus die rolprent op Poppie se persoonlike ervarings. “Alhoewel dit handel oor ʼn lewe van sukkel en stryd, is dit vol humor, hoop, teerheid en vermaaklike insigte wat ʼn nie-veroordelende kykie bied op ons geskiedenis. Poppie se aangrypende liefde vir haar man en kinders en haar merkwaardige innerlike krag sal oud en jonk inspireer. Sy vind sin en betekenis in die moeilikste oomblikke van haar lewe,” sê Spring.

“Die Swerfjare van Poppie Nongena is ‘n baie belangrike storie wat vertel móét word. Dit het etlike jare geneem om dit uiteindelik op film te kan verewig, en ons sien uit om die finale produk vir Elsa Joubert en die res van die wêreld te wys,” sê Karen Meiring, hoof van kykNET.

Poppie Nongena word moontlik gemaak deur kykNET, M-Net, FilmFinity, Die Departement van Handel en Nywerheid en Arco. Dit word landswyd in rolprentteaters in Januarie 2020 bekendgestel.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.