kategorieë: Ons menseBekendes

Poppie Nongena slaan 12 pryse los by die Silwerskermfees!

Poppie Nongena slaan 12 pryse los by die Silwerskermfees! versorg deur Catherine Schenck. Hooffoto: Retha Ferguson

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die 9de kykNET Silwerskermfees het die afgelope naweek (21 – 24 Augustus 2019) in Kampsbaai, Kaapstad plaasgevind en Poppie Nongena het skoonskip gemaak tydens die prysuitdeling!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sedert sy begin het die kykNET Silwerskermfees al meer as 160 films en kortfilms opgelewer – waarvan ’n groot hoeveelheid ook internasionale erkenning gekry het.

Saterdag 24 Augustus is die Silwerskermfees toekenningsgeleentheid gehou, met June van Merch en Bennie Fourie as aanbieders. Tobie Cronjé is vereer as vanjaar se Silwerskermlegende vir sy besondere bydrae tot die filmindustrie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die verhaal van Poppie Nongena word nou ’n fliek

Poppie Nongena slaan 12 pryse los by die Silwerskermfees!

Hier is al die pryse wat Poppie Nongena gewen het

Beste film: Poppie Nongena

Beste regisseur: Christiaan Olwagen

Beste aktrise: Clementine Mosimane

Beste vroulike byspeler: Nomsa Nene

Beste manlike byspeler: Chris Gxalaba

Beste draaiboek: Saartjie Botha & Christiaan Olwagen

Beste hare en grimering: Gale Shepherd

Beste kostuums: Sylvia Van Heerden

Beste klankontwerp: James Olivier, Richard West & Simon Ratcliffe

Beste redigering: Eva Du Preez

Beste kinematografie: Vicci Turpin

Spesiale toekenning: Beste rolverdeling

Loer hier na ’n paar foto’s van die Poppie Nongena-rolverdeling by die Silwerskermfees

Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson
Foto: Retha Ferguson

Meer oor Poppie Nongena

Poppie Nongena vertel die aangrypende verhaal van ’n Afrikaanssprekende Xhosa-vrou wie se lewe om haar gesin draai terwyl sy probeer om stabiliteit te vind in ʼn era van ondraaglike onrus in Suid-Afrika. Dit speel in ’n tyd af waarin swart vroue deur boetes, arrestasies en gedwonge verskuiwings gedwing is om hul tuistes te verlaat om in afgeleë gebiede, die sogenaamde swart tuislande, ’n nuwe lewe te gaan begin.

Wanneer Stone, Poppie se man, te siek word om te werk, beskou die owerhede haar skielik as ’n onwettige burger in haar eie land. Sy voer ’n desperate stryd om wettiglik te mag bly, al beteken dit sy moet van huis na huis trek en gedurig aansoek doen vir permitte en verdere uitstel. Poppie werp alles in die stryd om nie van haar kinders geskei te word nie. Maar uiteindelik word sy vasgevang in die spervuur van haar kinders se behoeftes, haar man se siekte, ’n gemeenskap se woede en onderdrukkende wette.

In 1976 – net toe die onluste uitbreek – word Poppie uiteindelik gedwing om die stryd gewonne te gee.

Foto: Melanie Cleary

Hierdie film is gebaseer op Elsa Joubert se gelyknamige roman, Die Swerfjare van Poppie Nongena. Die roman is wyd geloof en word steeds beskou as baanbrekerswerk in die Afrikaanse letterkunde. Dis binne die eerste vier maande drie maal herdruk en uiteindelik in dertien tale vertaal. Plaaslik is dit bekroon met die W.A. Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys. Die British Royal Society het Joubert bekroon met die Winifred Holtby-prys en sy is in 1981 aangewys as ’n “Fellow of the Society”. Joubert se latere werk is bekroon met talle plaaslike en internasionale pryse, onder meer die Hertzogprys, die mees gesogte prys in die Afrikaanse letterkunde.

Clementime Mosimane maak haar rolprentdebuut as Poppie. Die res van die rolverdeling sluit groot name in, soos Anna-Mart van der Merwe (Stuur groete aan Mannetjies Roux, Skin, Die Storie van Klara Viljee, Dis Koue Kos, Skat, Kanarie), Dawid Minnaar (Torings, Fiela se Kind, Nag van die 19de, 7de Laan, Amalia), Rolanda Marais (Wolwedans in die Skemer, Binnelanders, Out on a Limb, Dead Easy) en Lida Botha (Invictus, Susters, Windprint, Pad na jou Hart, Die Boekklub, Hollywood in my Huis).  Nomsa Nene, wat die naamrol vertolk het in die verhoogproduksie Poppie – wat ook van 1982 tot 1984 internasionaal opgevoer is – vertolk die rol van Poppie se ma.

Die veelbekroonde dramaturg en regisseur Christiaan Olwagen het die regie behartig, en Vicci Turpin was verantwoordelik vir die kinematografie. Olwagen was die regisseur van drie vorige rolprente (Die Seemeeu, Johnny is nie dood nie en Kanarie). Die draaiboek is deur Olwagen en die bekroonde dramaturg Saartjie Botha verwerk.

Clementine Mosimane in Poppie Nongena

Wanneer kan ek dit ook kyk?

Poppie Nongena sal op 31 Januarie 2020 in Suid-Afrika uitgereik word – skryf dit sommer nou al in jou dagboek neer!

Die volledige lys wenners by die Silwerskermfees

Kyk wie het almal gewen …

Kortfilms

Beste kortfilm: Oedipus: Die Musical – ‘n Dokumentêr

Beste draaiboek: Luan Jacobs – Hoe om ‘n perd te teken

Beste regisseur: Stefan Benadé – Oedipus: Die Musical – ‘n Dokumentêr

Beste akteur: Luan Jacobs – Hoe om ‘n perd te teken

Beste aktrise: Ansu Visser – Binnelandse Sake

Beste manlike byspeler: Ludwig Binge – Oedipus: Die Musical – ‘n Dokumentêr

Beste vroulike byspeler: Ilse Oppelt – Janneman

Beste produksie-ontwerp: Idelette Jordaan en Nadine Minnaar – My Gelykenis

Beste redigerig: Canya Cruywagen – Oedipus: Die Musical – ‘n Dokumentêr

Beste kinematograaf: Janhendrik Burger – My Gelykenis

Beste grimering en haarstilering: Charné Burger – Oedipus: Die Musical – ‘n Dokumentêr

Beste kostuumontwerp: Juanita Ferreira – Die Begrafnis

Beste klankontwerp: Wesley Ayliffe – Binnelandse sake

Webreekse: Deur die Blare

Gehoorgunsteling: Fiela se Kind

Draaiboeksoek:Gerhard Marx – Asem

Reginald Hufkie – Kinderhuis kind

Nico Steyn – Skrop

Blitsfilms: Ilka de Beer – Cry/Huil

Melanie Tait – Ligspoor

Speelfilms

Beste speelfilm: Poppie Nongena

Beste draaiboek: Christiaan Olwagen en Saartjie Botha – Poppie Nongena

Beste regisseur: Christiaan Olwagen – Poppie Nongena

Beste akteur: Stian Bam – Die Verhaal van Racheltjie de Beer

Beste aktrise: Clementine Mosimane – Poppie Nongena

Beste manlike byspeler: Chris Gxalaba – Poppie Nongena

Beste vroulike byspeler: Nomsa Nene – Poppie Nongena

Beste produksie-ontwerp: Chantel Carter – Die Verhaal van Racheltjie de Beer

Beste redigering: Eva du Preez – Poppie Nongena

Beste kinematograaf: Vicci Turpin – Poppie Nongena

Beste oorspronklike klankbaan: Kyle Shepherd – Fiela se Kind

Beste grimering en haarstilering: Gale Shepherd – Poppie Nongena

Beste kostuumontwerp: Sylvia van Heerden – Poppie Nongena

Beste klankontwerp: James Olivier, Richard West, Simon Ratcliffe – Poppie Nongena

Beste ensemble-spel: Poppie Nongena

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Hoe weet jy jy het nierskade?

Die meeste van ons het twee niere. Elke nier het meer as vyf keer die…

2 hours Gelede

Sjef André Hill deel ’n Paasfeesvoorsmakie met sy geurige Paasfeesbrood-resep

Paasfees is ’n sintuiglike ervaring wat Suid-Afrika se geskiedenis, tradisie en ’n liefde vir heerlike…

4 hours Gelede

Demi Lee Moore verwag: ‘Baba Visagie in my magie’

Hooffoto: Willem Botha     Die sangeres Demi Lee Moore en haar man, Barthlo Visagie,…

7 hours Gelede

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…

1 day Gelede

Die verleidelikste sjokolade-en-amandel-vlegsel

Genoeg vir 1 vlegsel   Bestanddele   25 g vars gis of 10 g kitsgis…

1 day Gelede

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.