kategorieë: DieetGesondheid

Pollopesketariërs, fleksitariërs, entomofage … wie eet wat?

Pollopesketariërs, fleksitariërs, entomofage … wie eet wat? deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is ’n maklike gids om te verstaan wie wat eet – en wat hulle nie eet nie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vegetariërs

Vegetariërs eet geen vleis nie aangesien dit die neem van ’n lewe behels. Hulle eet nie die vleis van diere, voëls (hoender, volstruis, eend) of vis nie. Hulle eet wel diereprodukte, soos eiers, melk en jogurt.

Lees ook: Kan vegetariërs ooit genoeg proteïen kry?

Veganiste

Veganiste eet nie vleis nie, om dieselfde rede. Hulle eet ook nie produkte van diere nie omdat dit diere uitbuit. Hulle sny ook kos soos eiers, melk, kaas en jogurt uit. En hulle dra ook nie leer, wol of enige ander materiale wat van diere afkomstig is nie.

Lees ook: Help, ’n veganis kom by my eet!  Wat nou?

Pollotariërs

Pollotariërs eet net die vleis van voëls, soos hoender en eend. Hulle eet verder net groente, vrugte, en sekere dierprodukte soos eiers en melk.

Pesketariërs

Pesketariërs eet net vis – hulle eet nie ander tipes vleis nie. Dus is vleis van voëls uit. Hulle eet wel soms ander dierprodukte, soos eiers en melk.

Pollopesketariërs

Pollopesketariërs eet vis en hoender maar geen dierevleis nie. Hulle sal soms ander dierprodukte ook eet, soos eiers, melk en kaas.

Fleksitariërs

Fleksitariërs eet net vrugte en groente maar sal soms vis, vleis, hoender of insekte eet. Hulle eet dus per geleentheid vleis, maar sal nie elke dag of met elke ete hierdie produkte eet nie.

Lees ook: 11 maklike happies vir laer cholesterol

Makrobiotiese eters

Makrobiotiese eters eet ook net groente en vrugte, met géén vleis, vis of hoender nie. Party sal soms vis eet.

Lees ook: 4 ekstra dinge wat vegetariërs moet inkry

Entomofage

Entomofage eet alle soorte vleis, asook insekte.

Lees ook: Dink nuut oor goggakos

Pollopesketariërs, fleksitariërs, entomofage … wie eet wat?

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

11 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

21 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.