1 Spuit ’n vlak pan van 26 cm x 35 cm met kleefwerende kossproei. 2 Bring die melk, knoffel en lourierblare in ’n klein kastrol oor matige hitte tot kookpunt. 3 Voeg die polenta in ’n dun straaltjie by terwyl jy dit deurentyd roer. Verlaag die hitte en kook die polenta vir 6 min. of tot gaar. Haal die lourierblaar uit. 4 Geur met sout en swartpeper. Voeg die salie, sprietuie, pietersielie, parmesaan en bokmelkkaas by. 5 Gooi die polenta in die voorbereide pan. Sit in die yskas vir 30 min. of tot gestol. 6 Sny die polenta in tjips van 2 cm x 6 cm. Verhit die olie in ’n diepbraaier of groot kastrol tot 180 °C. Diepbraai die polentatjips in sarsies vir 2-3 min. of tot goudkleurig en krakerig. 7 Skep uit en dreineer op kombuispapier. Geur met sout en swartpeper.