• 250 g (1 pakkie) spek, in blokkiesgesny en bros gebraai
• 100 g gorgonzola, in blokkies gesny
• 125 ml (½ k) crème fraîche of suurroom
• 100 g ricotta, in blokkies gesny
• 20 g parmesaan, fyn gerasper
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Instructions
Polenta
Verhit die melk en water in ’n groot kastrol en geur met neutmuskaat, sout en swartpeper.
Voeg die polenta geleidelik by die melk en roer deurentyd. Laat prut vir 4 min. - dit moet baie dik wees. Verwyder die kastrol van die hitte en voeg van die parmesaan (hou ’n bietjie vir bo-op) en die eiers by die polenta.
Keer die gestolde polenta op ’n kapplank uit. Sny met ’n koekiedrukker met ’n deursnee van 5 cm sirkels uit die polenta, of sny in blokkies. Maak die oorskietpolentamengsel bymekaar en druk nog sirkels uit tot alles opgebruik is.
Sit die polentasirkels in ’n bak met ’n inhoudsmaat van 2 liter sodat dit effens oorvleuel en strooi die spek bo-oor. Meng die gorgonzola en crème fraîche en gooi oor die polenta. Strooi laastens die ricotta en parmesaan oor.