Deur Vickie de Beer. Foto’s deur Lee Schwagele www.crphotographic co.za
Polenta-en-olyfoliekoek met lourierblare en geroosterde pruime
Serves: 6-8
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Koek
- 1 k (250 ml) olyfolie
- 1 k (170 g) polenta
- 1½ k (150 g) amandelmeel
- 1½ t (7,5 ml) bakpoeier
- skil van 2 suurlemoene
- 1 t (5 ml) sout
- 5 eiers
- 1 k (225 g) strooisuiker
- Geroosterde pruime
- 6-8 pruime, middeldeur gesny en ontpit
- 5-6 lourierblare
- 3 e (45 ml) olyfolie
- 1 houer (240 g) mascarpone
- Stroop
- ½ k (110 g) strooisuiker
- sap van 2 suurlemoene
- 2 lourierblare
Instructions
- Verhit die oond tot 180 ˚C. Smeer ’n koekpan met ’n deursnee van 27 cm met 2 e (30 ml) olyfolie. Strooi 2 e (30 ml) polenta in die koekpan en versprei eweredig deur die pan in ’n sirkelbeweging te draai.
- Sif die polenta deur ’n growwe sif om van die grootste dele ontslae te raak. Meng die polenta, amandelmeel, bakpoeier, suurlemoenskil en sout in ’n mengbak.
- Klits die eiers in ’n skoon mengbak met ’n elektriese handklitser tot lig en donsig, voeg die olyfolie in ’n dun straaltjie by tot dit glad is en ’n emulsie vorm. Voeg die suiker geleidelik by terwyl jy die mengsel klits tot die suiker opgelos en goed ingemeng is.
- Vou die meelmengsel in 3 dele by die eiermengsel in en meng goed ná elke byvoeging.
- Gooi die beslag in die voorbereide koekpan en bak vir sowat 1 uur of tot ’n toetspen skoon uitkom (as die koek halfpad te donker begin bak, bedek met foelie). Haal uit die oond en laat vir 30 min. in die koekpan afkoel.
- Rangskik die pruime op ’n bakplaat en bedruip liggies met olyfolie, sit 5-6 lourierblare tussenin en rooster vir sowat 20 min. of tot sag en gekaramelliseer. Haal uit die oond en laat afkoel.
- Verhit die suiker, suurlemoensap en lourierblare in ’n kastrol oor matige hitte. Bring die mengsel tot kookpunt, verlaag die hitte en laat kook vir sowat 10 min. tot stroperig. Haal af en laat vir 5 min. afkoel. Verf die koek met die stroop en laat staan vir 1 uur voor jy die koek sny.
- Skep 5-6 e (75 ml) mascarpone op die koek en rangskik die geroosterde pruime bo-oor.
Catherine Schenck
Lees Meer
5 smullekker slaaie
22/01/2025
Die lekkerste botterbroodjies (skons)
21/01/2025
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025