Polenta-brekfisbakkie deur Vickie de Beer
Polenta brekfisbakkie
Ingredients
- 1 liter (4 k) melk
- 375 ml (1½ k) room
- 120 g polenta
- 5 ml (1 t) sout
- 100 g botter
- 8 lappies strepiesspek
- 4 takkies kersietamaties
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 4 eiers
- sout
- kruieblaartjies vir opdiening
Instructions
1 Meng die melk en 250 ml (1 k) van die room in ’n middelslagkastrol.
2 Bring die mengsel oor matige hitte tot kookpunt.
3 Voeg die polenta en sout stadig in ’n dun stroompie by terwyl jy roer totdat die polenta goed deurgemeng is.
4 Verlaag die hitte en kook vir 20-30 min. terwyl jy elke 5 min. roer om klonte te voorkom.
5 Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
6 Pak intussen die spek en tamaties op ’n oondpan. Sprinkel ’n knypie sout en die olyfolie oor die tamaties. Bak vir 10-15 min. of tot die spek goudkleurig is en die tamaties begin bars.
7 Sodra die polenta klaar gekook is, voeg die botter en oorblywende room by en roer tot die botter gesmelt en goed deurgemeng is. Hou warm tot benodig.
8 Braai die eiers in ’n pan met ’n bietjie olie of botter soos jy daarvan hou.
9 Verdeel die warm polenta tussen 4 bakkies en sit voor met die geroosterde tamaties, spek ’n gebraaide eier en kruieblaartjies.