Ashley Graham het tydens dié modeweek ’n baanbreker-vertoning gehou waartydens sy haar nuwe reeks van plus-grootte onderklere vir die Kanadese handelsmerk, Addition Elle, bekendgestel het. Vir die vertoning het sy van plus-grootte modelle gebruik gemaak om haar ontwerpe te dra terwyl sy self ook vir ’n paar kledingstukke haar lyf model gehou het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die reeks, genaamd Black Orchid, beskik oor verskeie swart, blou en pers bra’s, korsette en ander vorme van onderklere waarvan alles spesifiek ontwerp is om groter vroue se kurwes te aksentueer. Sommige van die modelle het pelse of serpe om hulle skouers gedrapeer terwyl ander weer somerrokke, bloese, rompe en suede baadjies gedra het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Hoewel dié plus-grootte modelle by die vertoning ’n eerste in mode-geskiedenis is, het elke vrou met absolute selfvertroue die loopplank aangepak. Die gehoor was ook aangemoedig om die hutsmerk, #IAmSizeSexy, op sosiale media te gebruik om sodoende diversiteit te bevorder.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die veldtog is soortgelyk aan Graham se #PlusIsEqual-veldtog, wat sy in samewerking met die handelsmerk, Lane Bryant, behartig.
Graham is geen vreemdeling vir baanbreker modelwerk nie. Sy is die eerste plus-grootte model wat in ’n Sports Illustrated Swemklere-uitgawe gebruik is en sy was in 2012 as die Voller Figuur Modeweek Model van die Jaar aangewys. Sy het ook in verskeie advertensieveldtogte vir plus-grootte klerereekse verskyn en sy was op MTV se Made te sien waartydens sy ’n jong, aspirant, plus-grootte model se afrigter was.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.