Kyk uit vir hierdie 3 plooie dié seisoen!
Daar is die 3 verskillende plooie waarvoor jy hierdie seisoen moet uikyk:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Hierdie tipe plooi lyk soos die blaasbalk van ’n trekklavier. Die plooitjies is smal en maak ’n zigzag-patroon wat boontoe kyk. Dit word ook Sunburst-plooie genoem. Die trekklavier-plooi is die gewildste tipe plooi vir die seisoen. Dra so ’n geplooide romp met ’n t-hemp vir ’n informele voorkoms. ’n Metaalkleurige geplooide romp in die afwerking is veral modieus!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }As ’n mens vinnig kyk, lyk die kristal-plooi presies soos die trekklavier-plooi, maar dit is nietemin verskillend. Die plooie is baie fyn en skerp, en dit lê plat (anders as die trekklavier-plooi wat boontoe kyk). Die plooie oorvleuel mekaar ’n bietjie – amper soos vertikale blindings. ’n Mens sien hierdie plooie ook dikwels in mans se tuxedo-hempde.
Hierdie plooi is wyd gevou om ’n plat area aan die bokant te vorm. Dit kan gebruik word as ’n enkel plooi (bv. aan die agterkant van ’n hemp), of as ’n reeks plooie (soos die van ’n Cheerleader). Die boks-plooi is ’n uitstekende afwerking om ’n hemp meer vroulik te laat lyk, maar dit gee ’n romp ook ’n meer deftige gevoel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…
Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou. [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…
Hierdie webwerf gebruik koekies.