kategorieë: Dra dit soMode

Playtex se nuwe reeks speel klaar met onderklerelyne

Ons het almal al so ’n dag gehad – jy trek jou gunsteling-uitrusting aan net om opmerklike en dikwels onooglike onderklerelyne te sien. Maar nou hoef jy jou nie meer te bekommer nie, want danksy die nuwe Playtex Invisible Beauty-reeks kan jy die dag vol selfvertroue aanpak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Playtex Invisible Beauty-reeks

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Playtex Invisible Beauty-reeks, wat ’n opgestopte en nie-opgestopte, gevormde onderdraadbra, ’n broekie en ’n omkeerbare frokkie insluit, is uit modieuse mikrovesel gemaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Playtex Invisible Beauty nie-opgestopte onderdraadbra beklemtoon jou pragtige, natuurlike vorm terwyl dit uitmuntende ondersteuning gee. Die binneste versterking van die keëls druk die borste op, terwyl die voorste bandjies by die skouer wyer en versterk is. Dít maak die bra uiters gemaklik om te dra.

Die Playtex Invisible Beauty gevormde, opgestopte bra Die bra pas perfek terwyl dit ook jou borste se kontoere afrond danksy die vier lae spons van verskillende diktes wat ’n geronde en gladde voorkoms skep. Nes die nie-opgestopte bra, is die gevormde, opgestopte bra ook by die skouers wyer met versterkte bandjies, wat dit ook baie gemaklik maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jou nuwe moet-hê, alles-in-een item is beslis die omkeerbare Playtex Invisible Beauty-frokkie. Boonop kan jy dit saam met die meeste van jou klere dra. Jy kan uit ’n ronde of V-hals kies. Die frokkie is  swart aan die een kant en beige aan die ander kant sodat jy kan kies watter kleur jy wil dra om jou klere te pas.

Ook beskikbaar in swart en beige is die Playtex Invisible Beauty broekie, wat dié pragtige reeks afrond.

Die Playtex Invisible Beauty-reeks is beskikbaar in die volgende groottes:

  • Die Playtex Invisible Beauty nie-opgestopte onderdraadbra is beskikbaar in groottes 34 – 44B/ 34-42C asook 34-40D en 34-38DD (AVP: R419,95).
  • Die Playtex Invisible Beauty gevormde, opgestopte bra is beskikbaar in groottes 34 – 42B/ 34-40C, asook 32-38D en 32-36DD (AVP: R479,95).
  • Die omkeebare Playtex Invisible Beauty-frokkie is beskikbaar in groottes M – 3XL (AVP: R299,95).
  • Die Playtex Invisible Beauty-broekie is beskikbaar in groottes M – 3XL (AVP: R179,95).

Vir meer inligting, besoek www.playtex.co.za of volg Playtex op facebook @playtexafrica.

Deel
Gepubliseer deur
Caxton magazines staff

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

1 day Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.