kategorieë: ModeFunksie artikels

Plastiekvrye Julie: rooi rose gesels met Marc Barnfather, die stigter van die klerehandelsmerk Just Breethe

Just Breethe poog om die gemaklikste, perfekste klere te skep – op die mees volhoubare manier. Hulle waardeer gehalte en ’n lang lewensduur bo kwantiteit en lae koste. Just Breethe se stigter, Marc Barnfather, gesels met ons oor volhoubare praktyke en hoekom die vermindering van eenmalige plastiek binne die modebedryf so ’n belangrike en waardevolle taak is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wanneer het jy Just Breethe gestig?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Just Breethe het vroeg in 2019 begin as ’n oplossing vir ’n probleem waarmee ek 40 jaar van my lewe te kampe gehad het. Nadat ek gesukkel het met erge gewrigspyn, die onvermoë om gemaklik te beweeg en ook nie my ken na my skouer kon draai nie – was ek sonder antwoorde met verkeerde diagnose op diagnose. Uiteindelik het ek ’n antwoord gehad – Ankiloserende spondilitis (AS) is ’n outo-immuunsiekte wat veroorsaak dat die ruggraat en SI-gewrigte saamsmelt en ander gewrigte lukraak aanval. Daar is geen genesing nie, maar moderne medisyne het gevorder na Biologics wat die proses sal vertraag, pyn verlig en mobiliteit sal verhoog vir ’n gemakliker bestaan. Daar is egter altyd ’n keersy. Biologiese middels verlaag jou immuunstelsel wat dit moeilik maak vir die liggaam om homself teen TB, longinfeksies, verkoue en meer te beskerm. Dit het gelei tot Just Breethe se heel eerste projek – voor die pandemie getref het – maskers vir diegene met komorbiditeite.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Op mediese aanbeveling het ek my CPT – JHB-vlug gemasker deurgebring, my leesbril het toegewasem en ek was uiters bewus daarvan dat ek in die skare uitstaan. Toe die Covid-pandemie die wêreld kort hierna getref het, was dit ’n katalisator om die stigma van maskerdra weg te neem – dit was nou die tyd vir uitvinding en opvoeding!

Ek het 32 jaar in konstruksie deurgebring en besluit om hierdie kennis en ingenieurswese na die modebedryf te neem. Gedurende die eerste drie jaar van navorsing en ontwikkeling in die maak van ’n gesigmasker wat by my behoeftes pas, het ’n wêreld van ander geleenthede hulle voorgedoen in kledingstukke wat ek nog nooit geglo het regtig goed pas nie.

Lees nog: Plastiekvrye Julie: rooi rose gesels met dr Stephen Helary, die stigter van Terres d’ Afrique

Met hierdie reis het ek ook die hartseer kant van die vinnige mode-industrie teëgekom en mooi na die regte en verkeerd gekyk. Sonder om te probeer om aktiviste te wees en die reëls te herskryf, is Just Breethe gebore om mense op te voed vir beter fiksheid, vorm en funksionele klere. Insluitend die beter etiese kant van die verkryging, vervaardiging en verkoop van mode-items. ’n Groot deel hiervan is die volhoubaarheid van ons produkte, verpakking en ons toekoms!

Ons werk saam met wonderlike bemarkings-, handelsmerk-, vervaardigings- en verpakkingskundiges – Just Breethe word in die lente van vanjaar bekendgestel – en bied aan verbruikers ’n produk met: perfekte snitte, meer bewuste en uitsonderlike gehalte. Alles plaaslik vervaardig! Ons materiale pas by ons etos van volhoubaarheid en lang lewensduur van ons planeet.

Hoekom is volhoubare mode so belangrik?

Met inagname van die bevolkingsgroei en die vinnige mode-afval gekoppel aan mikroplastiek wat die omgewing besoedel en die nie-hernubare bron van materiaal wat gebruik word, lei dit tot net een gevolgtrekking –  hernubaar en volhoubaar is die enigste moontlike toekoms!

Waarvoor moet ek uitkyk wanneer ek volhoubare klere koop?

’n Mens moet gehalte en lang lewensduur bo kwantiteit en lae koste waardeer.

Stadige mode bo vinnige mode – vir ons is dit die eenvoudigste en belangrikste faktor om na te kyk wanneer jy klere koop. Ons glo daarin om langdurige klerestukke te hê wat ons goed laat lyk, ons spesiaal laat voel wanneer ons dit dra en volhoubaar vir die omgewing is. Ons Just Breethe-stukke is van hoofsaaklik natuurlike materiale soos katoen, hennep en wol gemaak – om presies hierdie rede.

Enige wenke wat jy aan ons lesers kan gee om minder plastiek te gebruik en beter na ons planeet om te sien?

  • Begin deur na die natuurlike materiaalinhoud te kyk; enigiets meer as 70% is goed, 90% plus is die beste.
  • Kyk na die verpakking en handelsmerk, sowel as materiale wat gebruik word om dit te vervaardig.
  • Probeer om items te koop wat nie in plastieksakke of plastiekhangers en met swaai-etikette verpak is nie.
  • Probeer jou bes om plaaslik vervaardigde artikels te ondersteun.

Lees nog: Plastiekvrye Julie: rooi rose gesels met Monique Spaltman, die formuleringspesialis by Lulu & Marula

Hooffoto: Dmitriy Frantsev vir Unsplash

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.