kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Plante wat selfs beginners aan die groei kan kry

Plante wat selfs beginners aan die groei kan kry deur: Elandrè Swart. Hooffoto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dracaena

Bekend vir sy gestreepte en lemmetjiegroen blare, is die Dracaena ’n mooi toevoeging vir binne of buite.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Dracaena groei die beste in semi-skadu areas en vereis minder water as die meeste binnenshuise plante. Gee slegs water wanneer die boonste laag van die grond droog voel.

Lees ook: Wenke vir binnenshuise plante

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Varings

Varings is ’n diverse spesie en sal jou beloon met skouspelagtige blare.

Varings groei goed onder bome en is ideaal in skadu.

Alhoewel varings baie van water hou, kan jy jou waterverbruik verminder deur jou varings onder skadubome te plaas of binne in ’n badkamer om die plant klam en goed gehidreer te hou.

Lees ook: Plant slim, bespaar water

Vetplante

Vetplante is droogtebestand en maklik om te onderhou.

Alhoewel vetplante beter groei wanneer hulle nie direkte sonlig ontvang nie, moet jy ook die volgende in gedagte hou:

  • As die een kant van jou vetplant geel of rooi raak, is jou vetplant besig om te veel lig te kry.
  • As jou vetplant nuwe blare kry en dit is liggroen met verlengde stingels sal jou vetplant meer lig nodig hê.

Tydens die warmer maande van die jaar moet jou vetplant eenkeer ʼn week water ontvang. Wag dat jou vetplant se grond heeltemal droog is en gee dan goed water.

Tydens die wintermaande het jou vetplant net eenkeer ’n maand water nodig.

Lees ook: Inheemse waterwys plante

Begonias

Bekend vir sy mooi blomme, is begonias maklik om te kweek en sal kleur tot jou tuin toevoeg.

Begonias benodig middelmatige lig en ’n geventileerde omgewing.

Gee jou begonias slegs by die stam water om infeksie te keer en hou die grond klam, nie nat nie.

Lees ook: Maak tuin op jou balkon

Devil’s Ivy (Golden Phatos)

Die naam Devil’s Ivy is omdat dit amper onmoontlik is om dood te maak, daarom is dit die perfekte plant vir ’n beginner plantkweker!

Die Devil’s Ivy floreer in lae lig wat dit die beste maak vir ’n binnenshuise plant.

Die Devil’s Ivy vereis ’n matige hoeveelheid water. Hou die grond klam.

Foto’s in galery:

Draceana |sdbower/istockphoto.com

Varing |wabeno/istockphoto.com

Vetplante |Pixabay.com

Begonias | Pixabay.com

Devil’s Ivy |PirahaPhotos/istockphoto.com

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.