1 Heuningbotter: meng die botter en heuning en verkoel in die yskas tot benodig. 2 Plaatkoekies: Meng die meel, suiker, eiergele, karringmelk en vanielje in ’n bak. 3 Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en vou saam met die ricotta deur die meelmengsel. 4 Verhit die olie in ’n kleefwerende pan oor lae hitte. Sit ’n ronde, hittebestande, 8 cm vorm in die pan en skep 80 ml (3 e) van die mengsel in. Sit ’n deksel of kastrolletjie bo-op en bak vir 3-4 min. Draai die plaatkoekie versigtig om en bak vir nog 3-4 min. tot goudbruin en gaar. 5 Sit voor met die heuningbotter en aarbeie en strooi kruisementblare oor.