Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei.
Meng al die bestanddele in ’n groot mengbak.
Gooi in die bakplaat en bak 50-60 min. Haal uit en laat op ’n draadrakkie afkoel.
Versiering Smelt die sjokolade oor ’n dubbelkoker, of op die ontvriesstelling van die mikrogolf. Voeg die karamel by en meng met ’n klitser tot blink en glad. Smeer die versiering met ’n paletmes oor die koek. Sny in ewe groot blokke.
Dié plaatkoek se tekstuur is ’n bietjie swaarder, amper soos dié van ’n bruintjie.