Plaatkoek
Serves: [penci_recipe]
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 750 ml (3 k) meel
- 250 ml (1 k) kakao
- ’n knypie sout
- 15 ml (1 e) koeksoda
- 625 ml (2½ k) suiker
- 500 ml (2 k) melk
- 10 ml (2 t) asyn
- 320 g sagte botter
- 2 eiers
- 10 ml (2 t) vanieljegeursel
- Versiering
- 100 g (1 plak) donker sjokolade, fyn gekap
- 395 g (1 blikkie) karamel
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei.
- Meng al die bestanddele in ’n groot mengbak.
- Gooi in die bakplaat en bak 50-60 min. Haal uit en laat op ’n draadrakkie afkoel.
Versiering
Smelt die sjokolade oor ’n dubbelkoker, of op die ontvriesstelling van die mikrogolf. Voeg die karamel by en meng met ’n klitser tot blink en glad. Smeer die versiering met ’n paletmes oor die koek. Sny in ewe groot blokke.
Dié plaatkoek se tekstuur is ’n bietjie swaarder, amper soos dié van ’n bruintjie.
Rooi Rose
Lees Meer
Beste, maklikste sjokoladekoek!
27/01/2025
Pistasieneut-en-bosbessie-nougat
24/01/2025
Nektarientert
23/01/2025