Voorverhit die oond tot 220 °C. Verhit ’n bakplaat in die oond.Pizza vir poeding
Ingredients
Instructions
1 Sit die deeg op ’n meelbestrooide vlak. Knie die bruinsuiker by die deeg in tot dit deurgemeng is. Verdeel die deeg in 4 balle en rol uit.
2 Bak ’n pizza op ’n slag op die warm bakplaat tot effens krakerig – vir sowat 5 min. Haal uit.
3 Klop die eierwit tot sagte punte vorm en voeg die strooisuiker geleidelik by. Klop tot styf en glansend. Meng die gemaalde amandels by.
4 Smeer die amandelmengsel oor die deeg (hou genoeg vir die ander). Sit die perskes bo-op en strooi die gevlokte amandels bo-oor.
5 Bak vir sowat 10 min. tot goudbruin, strooi die sjokolade en mentblare oor en smul!