Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
1 ui, fyngekap
20 ml (2 t) gekapte knoffel
20 ml (2 t) olyfolie
1 x 410 g geblikte heel tamaties, druk dit met ’n vurk fyn
sout en gemaalde swartpeper
hand vol pietersielie en orego, gekap
2 uie oorlangs in dik skywe gesny
30 ml (2 e) botter
4 volgraan-pitabroodjies, middeldeur gesny
300 g gaar hoendervleis, afgetrek van 4 dytjies
200 g mozzarella in dik wiele gesny
125 ml (½ k) crème fraîche of suurroom
’n hand vol roketblare
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Voorverhit ook ’n groot bakplaat. 2 Braai die ui en knoffel tot sag in ’n klein kastrol. Voeg die tamaties in sous en kruie by en kook tot dit verdik. Braai die ander uie in die botter tot sag en karamel kleurig. 3 Kry al die bestanddele gereed. Pak 4 van die pita-helftes op die warm bakplaat. Werk vinnig. Smeer die tamatiesous in die middel van die pita, hou die rand oop. 4 Verdeel die hoenderstukkies en kaas wiele tussen die pizzas. Strooi van die gekaramelliseerde uie bo-op en bak vir 20 min. of tot die kaas gesmelt is. 5 Haal uit en sit ’n skeppie crème frâiche en ’n paar roketblare op elkeen. 6 Skink yskoue bier en smul solank aan die gaar pizzas terwyl die anderbak.