1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Voorverhit ook ’n groot bakplaat.Pizza in ’n kits
Ingredients
Instructions
2 Braai die ui en knoffel tot sag in ’n klein kastrol. Voeg die tamaties in sous en kruie by en kook tot dit verdik. Braai die ander uie in die botter tot sag en karamelkleurig.
3 Kry al die bestanddele gereed. Pak 4 van die pita-helftes op die warm bakplaat. Werk vinnig. Smeer die tamatiesous in die middel van die pita, hou die rand oop.
4 Verdeel die hoenderstukkies en kaaswiele tussen die pizzas. Strooi van die gekaramelliseerde uie bo-op en bak vir 20 min. of tot die kaas gesmelt is.
5 Haal uit en sit ’n skeppie crème frâiche en ’n paar roketblare op elkeen.
6 Skink yskoue bier en smul solank aan die gaar pizzas terwyl die ander bak.