kategorieë: Nuut & NouKos

Pizza in ‘n eg Napolitaanse styl

By Italian Deli Online, bring ons vir jou Caputo se beste sodat jy daardie goue, krakerige kors en sagte, ligte deeg in jou eie kombuis kan maak. Of dit nou vir ‘n knus aandjie tuis of vir ‘n pizzapartytjie saam met vriende is, hierdie resep sal almal vir meer laat vra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Is jy gereed om jou kombuis in ‘n stukkie Italië te verander? Kom ons begin!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Deeg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 1,55 kg Pizzeria Caputo-meel
  • 1,5 g Caputo- droë kitsgis
  • 45 g sout
  • l ℓ water

Bo-op

  • Ciao San Marzano-tamaties
  • 2 x 125 g- Puglia Fior di Latte Colavita-ekstrasuiwerolyfolie
  • vars basiliekruidblare

Deeg

  1. Plaas Pizzeria Caputo-meel in groot mengbak of staanmenger se bak.
  2. Los 1,5 g Caputo-kitsgis in l ℓ water op.
  3. Meng 45 g sout in aparte bak met meel.
  4. Voeg stadig water met opgeloste gis by meelmengsel. Roer aanhoudend tot deeg vorm.
  5. Knie deeg tot glad en elasties sodat sout eweredig versprei word.
  6. Bedek deeg met skoon kombuishanddoek of kleefplastiek. Laat vir ur in warm plek rus.
  7. Deel en vorm deeg. Nadat deeg gerus het, moet dit konsekwent en dig wees. Plaas dit op werksoppervlakte waarop daar meel gestrooi is en deel porsies, ongeveer 280 g elk, vir die Napolitaanse grootte pizzas.
  8. Neem elke porsie en vorm dit in balletjie. Druk effens plat in skyfie.

Bo-op

  1. Voorverhit  houtvuuroond tot hoë temperatuur, rondom 250 °C.
  2. Sny solank Puvlia Fio di Latte-kaas en vars basiliekruidblare.
  3. Druk Ciao San Marzano-tamaties fyn om sous te maak. Voeg alles saam en bak pizza.
  4. Strooi werksoppervlak liggies met meel om te voorkom dat deeg vassit.
  5. Neem een deegporsie en strek dit liggies uit in dun ronde kors. Pasop vir skeur.
  6. Plaas deeg op pizzapan wat met meel gestrooi is. Versprei lagie van fyngedrukte San Marzano-tamaties oor tamatiesous, maar los klein randjie. Rangskik snye van Puglia Fiordilatte-kaas oor tamatiesous.
  7. Voeg vars basiliekruid bo-op kaas. Sprinkel Colavita-ekstrasuiwerolyfolie oor pizza.
  8. Skuif voorbereide pizza op voorverhitte pizzaklip of bakoppervlak in houtvuuroond.
  9. Bak pizza vir ongeveer 55 sekondes, of tot kors goudbruin is en bestanddele bo-op borrel en liggies geskroei is.
  10. Geniet die pizza saam met ’n bottel S.Pellegrino-mineraalwater of een van die verfrissende Sanpellegrino Italian-sitrusdrankies.

Besoek Italian Deli Online se webtuiste om die heerlikste kosprodukte en drankies in die hande te kry.

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

2 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

3 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

3 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

3 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

3 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.