1 Verhit 30 ml (2 e) van die avokado-olie en die botter in ’n groot kastrol oor lae hitte.Pissaladière
Ingredients
Instructions
2 Voeg die uie en helfte van die tiemie by en soteer vir ± 1 uur, roer nou en dan, tot gekaramelliseer.
3 Voeg die balsemiekasyn en bruinsuiker by, soteer tot die helfte van die vog geabsorbeer is. Geur na smaak, laat afkoel en hou eenkant.
4 Meng die gis, lou water en suiker. Laat staan vir 10 min. tot skuimerig.
5 Meng die meel en ’n knypie sout in ’n groot mengbak. Gooi die gismengsel en 60 ml (¼ k) avokado-olie by die meel, meng tot die deeg ’n bal vorm.
6 Knie die deeg op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak vir 10 min. tot glad en elasties.
7 Verf die binnekant van ’n groot mengbak met avokado-olie. Sit die deeg hierin, bedek met ’n skoon afdroogdoek en laat rys tot dubbel die grootte.
8 Verhit die oond tot 220 °C. Voer ’n oondpan met bakpapier uit.
9 Druk die deeg af en rol op ’n skoon werkvlak uit tot ’n reghoek van 30 cm x 25 cm. Lig die deeg op die oondpan en verf die deeg met avokado-olie.
10 Bedek die deeg met die uie. Pak die ansjovisrepies in ’n kruispatroon oor die uie.
11 Pak die olywe tussen die ansjovisrepies en sprinkel die res van die tiemieblare oor. Bedek met ’n skoon afdrooglap en laat rys vir 30 min.
12 Bak die pissaladière vir 20-25 min. tot goudbruin. Sny in blokke en eet warm.