Pippa het vanoggend vir haar droomdag opgedaag in ’n elegante rok van kant deur Giles Deacon (ter waarde van niks minder nie as 40 000 Britse Ponde). Die rok is gekomplimenteer deur ’n Stephen Jones-sluier, ’n Maidenhair Fern-tiara en Manolo Blahnik-skoene.
Pippa en Matthew, ’n skatryk verskansingsfondsbestuurder, het hul sprokiesmooi dag saam met hul geliefdes gevier. Pippa se suster, Kate – oftewel die Hertogin van Cambridge – was die heeltyd langs haar sy. Kate het self beeldskoon en koninklik gelyk in ’n roospienk Alexander McQueen-rok.
Die gevolg het bestaan uit die oulike 3-jarige Prins George (hofknapie) en 2-jarige Prinses Charlotte (strooimeisie). Hulle het die mooiste uitrustings gedra en saam met hul ma, Kate, opgedaag.
Pa Michael was langs Pippa om saam met haar die paadjie in die kerk af te stap. Die trou-seremonie het plaasgevind in St Mark’s-kerk in Englefield, Berkshire. Ma Carole het hulle by die kerk se ingang ontmoet. ’n Sjampanje-onthaal het blykbaar na afloop van die seremonie by Englefield House in Berkshire plaasgevind.
Gaste het onder meer die tenniskampioen Roger Federer en sy vrou Mirka, Prinses Eugenie, Prins William asook sy broer Prins Harry ingesluit.
Hier is 10 van ons gunstelingfoto’s van Pippa se groot dag

Pippa Middleton saam met haar nuwe manlief James Matthew

Pippa en James na die huwelikseremonie

Die troue (en soen!) van die jaar

James en Pippa vertrek in ’n luukse Jaguar na afloop van die seremonie

Pa Michael en suster Kate maak seker Pippa lyk op haar beste voor sy die kerkpaadjie afstap

Die Hertogin van Cambridge saam met haar dogter, Prinses Charlotte en seun, Prins George

Pippa in haar droom- Giles Deacon-rok

Die Hertogin van Cambridge deel ’n oomblik saam met haar dogter, Prinses Charlotte

Pippa straal en sus Kate lyk ingenome in die agtergrond

Pippa en Pa Michael maak gereed vir die groot oomblik