Piña Colada- panna cotta deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gilionelle Kaba. Foto: Lee Schwagele
Piña Colada- panna cotta
Ingredients
- • 120 ml koue water
- • 14 g gelatien
- • 960 ml room
- • 100 g suiker
- • 80 ml Malibu
- • 1 pakkie pynappeljellie
- • ½ vars pynappel, geskil en in dun skyfies gesny (ons het ’n mandolien gebruik)
- • 3 vars grenadellas
- • vars kruisement
Instructions
1 Gooi die water in ’n bakkie en strooi die gelatien daaroor. Spons die gelatien vir 5 min.
2 Verhit die room en suiker oor matige hitte en roer tot die suiker opgelos is.
3 Trek van die hitte af. Voeg die gelatien en Malibu by en roer totdat dit opgelos het.
4 Gooi die roommengsel in mooi glasies. Sit die glasies op die skuinste in ’n leë eierhouertjie en sit dan in die yskas en laat stol.
5 Maak die pynappeljellie volgens die aanwysings op die pakkie. Sit in die yskas en laat afkoel. Gooi die pynappeljellie oor die panna cottas sodra die roommengsel gestol het. Sit die glasies terug in die yskas (hierdie keer regop) sodat dit verder kan stol. Garneer met die dun skywe vars pynappel en vars grenadella.