Ná die sukses van haar eerste boek, Koemelaat – ’n sanity-joernaal van ’n nuwe ma, het die aktrise Milan Murray nou ’n kinderboek getakel. Die hartroerende storie genaamd Pieter Kokkewieter en die Hart op sy Mou, is die eerste boek in ’n reeks oor idiome wat uit Murray se pen gaan verskyn. In dié geval dra Pieter letterlik sy hart op sy mou, sigbaar vir almal om hom, en leer so dat dit nie noodwendig ’n “verkeerde ding” is nie. Met roerende tonele. Soos Milan sê: “Idiome is die perfekte hulpmiddel om kinders te help om die brug tussen konkrete en abstrakte denke oor te steek.” Die boek is gemik op ouderdomme 6 tot 9.
Lieflik geïllustreer deur Marisa du Toit.
Uitgewersprys R120
rooi rose R108