Serves:Genoeg vir 1 groot koek of 2 teebroodjiesNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
• 290 g strooisuiker
• 200 g sagte botter
• 2 eiers, liggies geklits
• 5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
• 250 ml (1 k) sowat 3 ryp piesangs, fyn gedruk
• 10 ml (2 t) brandewyn
• 2 ml (½ t) koeksoda
• 5 ml (1 t) bakpoeier
• 280 g koekmeel
• 2 ml (½ t) sout
• 125 ml (½ k) karringmelk
• 50 g okkerneute, fyn gekap
• 180 ml (¾ k) klapper, plus ekstra vir bo-op
Instructions
Versiersel 1 Klop 250 g sagte botter en 500 ml (2 k) versiersuiker saam tot lig. 2 Gooi 60 ml (¼ k) ingedampte melk by en klop goed met ’n elektriese klitser. 3 Versier met ekstra geroosterde klapperskaafsels. koek
4 Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit 2 ronde 23 cm-koekpanne, of 2 x 2 cm x 9 cm x 19 cm-broodpannetjies met kleefwerende kossproei. 5 Room die suiker en botter saam tot lig. Gooi die eier en vanielje by en meng goed. 6 Roer die brandewyn en piesang by. Sif die koeksoda, bakpoeier, koekmeel en sout saam. 7 Meng die meelmengsel en karring-melk om die beurt by die piesangmengsel. Roer die okkerneute by. 8 Strooi ’n lagie klapper in elke pannetjie. Verdeel die beslag tussen die pannetjies. 9 Maak gelyk en strooi die res van die klapper oor. Bak vir 35-40 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. 10 Laat die koek afkoel en keer uit. 11 Versier en strooi ekstra klapper oor.