Serves:1 groot broodNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
45 ml (3 e) sagte bruinsuiker
30 g (1⁄3 pakkie) gevlokte amandels
250 ml (1 k) suurroom
5 ml (1 t) koeksoda
110 ml (1⁄3 k + 2 e) gesmelte botter
250 ml (1 k) strooisuiker
2 eiers, geklop
420 ml (1½ k + 3 e) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
5 ml (1 t) fyn kaneel
250 g (sowat 2) ryp piesangs, fyn gedruk
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 12 cm x 22 cm-broodpan met bakpapier uit. 1 Meng die bruinsuiker en amandels en hou eenkant. 2 Meng die suurroom en koeksoda en laat staan vir 5 min. Meng dan die botter, strooisuiker en eiers by. 3 Sif die meel, bakpoeier en kaneel saam en meng deur die nat bestanddele. Meng die piesangs deur. 4 Gooi die mengsel in die broodpan en strooi die amandelmengsel bo-oor. 5 Bak vir 1¼ uur of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat in die pan afkoel. Die broodjie kraak bo-op - so moenie bekommerd wees nie.