Piesangbrood resep deur Vickie de Beer. Foto: Michael le Grange
Genoeg vir een groot brood.
Bestanddele
- 45 ml (3 e) sagte bruinsuiker
- 30 g (1⁄3 pakkie) gevlokte amandels
- 250 ml (1 k) suurroom
- 5 ml (1 t) koeksoda
- 110 ml (1⁄3 k + 2 e) gesmelte botter
- 250 ml (1 k) strooisuiker
- 2 eiers, geklop
- 420 ml (1½ k + 3 e) koekmeel
- 5 ml (1 t) bakpoeier
- 5 ml (1 t) fyn kaneel
- 250 g (sowat 2) ryp piesangs, fyn gedruk
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 12 cm x 22 cm-broodpan met bakpapier uit.
- Meng die bruinsuiker en amandels en hou eenkant.
- Meng die suurroom en koeksoda en laat staan vir 5 min. Meng dan die botter, strooisuiker en eiers by.
- Sif die meel, bakpoeier en kaneel saam en meng deur die nat bestanddele. Meng die piesangs deur.
- Gooi die mengsel in die broodpan en strooi die amandelmengsel bo-oor. 5 Bak vir 1¼ uur of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat in die pan afkoel. Die broodjie kraak bo-op – so moenie bekommerd wees nie.