Ligging van die kamer
As jy ’n keuse het, kies ’n stil vertrek naby jou eie slaapkamer. Dan hoef jy nie in die nag so ver te loop nie. Maak seker die kamer het voldoende verhitting vir die winter en verkoeling in die somer. Oorweeg voering vir gordyne wat alle lig uitblokkeer.
Gee die babakamer jou huis se styl
Wat ookal jou styl, sorg dat jou babakamer hierby inskakel. Anders sal die kamer nie inskakel by die res van die huis nie, en sal jy gou moeg raak daarvoor.
Hou dit eenvoudig
Met al die verleidelike meubels vir babakamer op die mark, kan jy in die versoeking kom om dit te oordoen. Hou dit eenvoudig en fokus op ’n maksimum van twee kleure en hou die styl eenvormig.
Kleur
Kies kleur wat jou baba rustig sal maak. Vermy ’n kombinasie van primêre kleure.
Dekor
Muurpapier met animasie-karakters sal gou geyk raak. Probeer tydloos wees. Muurplakkers kan maklik verwyder word en sal jou nie platsak laat nie.
Veiligheid
Skep ’n veilige area vir die bababed. Hou dit weg van vensters, verwarmers, lampies of muurversierings.
Dink uit die boks
Alle babakamer-items hoef nie uit ’n babareeks te kom nie. Loer in ander winkels vir unieke items wat ’n leeftyd sal hou en groei saam met jou kind.
Verbruikersgids
Baby Belle | babybelle.co.za
Comfy Mommy | comfymommy.co.za
Mr Price Home | mrphome.com
Monoshop | monoshop.co.za
Tiny interiors | tinyinteriors.co.za
Upsi Daisy Creations | upsidaisycreations.co.za