Vergeet van dieprooi! Helderpienk of pienkrooi is nou die kleur vir jou lippe. Dit is ideaal vir skemerkelkies of ’n feestelike Kersdag. Jy kan dit selfs na ’n braai dra. Vir ’n meer informele voorkoms, tik die lipstiffie met jou vingers aan om ’n gevlekte pienk voorkoms te skep.
Maak so
Wenkbroue: Gebruik bruin oogskadu en ’n wenkbrou-kwassie om jou wenkbroue in te vul.
Vel: Vermy ’n swaar onderlaag saam met hierdie voorkoms; kies eerder ’n meer deursigtige een, anders sal die voorkoms te outyds lyk.
Wange: Tik sagte pienk blosser aan jou wange.
Oë: Gebruik ’n roomkleurige oogskadu oor jou hele lid. Wend maskara aan jou wimpers.
Lippe: Omlyn en kleur jou lippe met ’n helderpienk lippotlood en wend lipstiffie aan. Gebruik jou vingers en druk al om die rand van jou mond sodat die lipstiffie nie te netjies of te opgetof lyk nie.
Wenk: Vermy glans bo-oor die lipstiffie; dit is oordoen saam met die helder kleur en dit sit boonop aan glas randte was.
Ons sê probeer:
Ralo Cosmetics Colour Blast Lipstick in Shocking Pink
Lancome Rouge in Love Rose Me Rose Me Not
YSL Rouge Pur Couture Rose Tropicale
Beautiful Colour Moisturizing Lipstick in Electric Pink