kategorieë: InspirasieJou lewe

#InspirerendeVroue: Pienk koelte vir kanker

Wat Carol-ann van Jaarsveld as ’n inisiatief op Graaff-Reinet begin het om haar ouma en ma (albei Pauline en albei dood aan kanker) te huldig, het soos ’n veldbrand deur die land en Namibië versprei. In Oktober verlede jaar het 55 dorpe deelgeneem aan die veldtog om geld vir kankerlyers in te samel en om bewusmaking te bevorder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Dit het my aan die hart gegryp om te sien hoe gewone mense en gemeenskappe saamstaan om alle kankerlyers te help,” sê Adri van Nieuwenhuizen, besturende direkteur van Pink Trees for Pauline.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Adri, Carol-ann en dr. Pam Kerr, ’n opvoedkundige sielkundige, het die niewinsgewende organisasie Pink Trees for Pauline in 2012 gestig. Hul mikpunt is om mense, ondernemings en dorpe wêreldwyd vir een dag in ’n jaar saam te snoer om die lewe- en lewensverwagting van kankerlyers en hul gesinne op daardie dorp te verbeter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis die sleutelidee van hierdie veldtog: “Ons wil seker maak dat die inwoners van daardie dorp voordeel trek uit die geld wat ingesamel word. Dus gaan 80% van die geld vir projekte in daardie dorp. Omdat mense saamstaan en kragte saamsnoer om bome toe te draai, bou dit ook ’n wonderlike gees in die gemeenskap. “

’n Vrou van Bredasdorp het my vertel dat sy ná haar ma se afsterwe aan borskanker soveel woede ervaar het. Die ervaring om bome toe te draai was vir haar helend en sy het in die proses berusting gekry..

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek het ook ongelooflik gegroei en is so geraak deur wat ander mense bereid was om te doen.”

“Dis vir my wonderlik dat hierdie veldtog mense nader aan mekaar trek, want kanker slaan jou nie net op ’n gesondheidsvlak nie, dit tas jou menswees aan. Ek onthou ná my eie borskanker-diagnose in 2005 hoe mense na die ander kant van die straat gestap het as hulle my sien aankom. Net sodat hulle nie met my moes praat nie, want hulle weet nie wat om te sê nie.

“Met die veldtog samel ons nie net geld in nie, maar snoer gemeenskappe saam en baie vrywilligers wat deel van die veldtog was, het vertel hoe dit vir hulle ’n vorm van ondersteuning, heling en herinnering was.

“My diagnose het aanvanklik soos ’n doodskoot gevoel. Soos alle mense voor my het ek ook maar gevra ‘Hoekom ek?’ Maar toe ek oor die skok kom, het ek ophou tob en eerder gesê: ‘Hoekom nie ek nie?’ Nou voel ek bevoorreg om uit my ervaringsveld met ander mense te kan praat.”

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het?

Hoe voel dit as jy ’n katarak of gloukoom het?   Die meeste van ons…

15 hours Gelede

Mediterreense groentetert

Terte het ’n gedaantewisseling ondergaan. Hier is ’n groentetert met ’n twist! Resep deur Vickie…

17 hours Gelede

Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is

Deur Maretha Botes   Dewitt Jones het 20 jaar lank foto’s vir  National Geographic geneem.…

2 days Gelede

Nuwe gesig in ‘Skemergrond’: ‘Kirby bring baie pret én hartseer saam met haar’

Chanté Grainger, die talentvolle aktrise wat bekend is vir haar rolle in, onder meer, Arendsvlei, Suidooster en Summertide, maak…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Maart-uitgawe van rooi rose móét lees!

  ‘Ek is ’n skrywer’ Haar lewe lank al het Margaret Gardiner haar drome…

5 days Gelede

Bloubessie-en-jogurt-yslollies

Wat is lekkerder as ’n yskoue yslollie op ’n warm somersdag? Probeer ons lekker resep…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.