’n Piekniek saam met vriende en familie (of as ’n romantiese afspraak) is ideaal. Jy kan jou piekniek (of buite-kuier) spesiaal maak deur ’n paar dekor-elemente by te voeg. Raak kreatief en maak jou eie uitnodigings, naamkaartjies, sakkies of plekmatjies. Die beste van als: jy hoef nie baie geld uit te haal om items aan te koop nie.
Hierdie Wordsearch-kaartjie (foto) is geskep in Microsoft Word. Dis maklik: klik op insert en dan op table. Kies dan die aantal blokkies wat jy wil gebruik. Tik jou eie letters en woorde daarin (of jy kan dit selfs teken en die letters skryf). Omkring die woord met rooi (wat jy graag wil laat uitstaan).
WENK: Dit kan gebruik word om te wys waar elkeen sit, as jy die persone se name omkring.
Vir verdere elemente, dek jou tafel of piekniek-kombers met blikbekers en plekmatjies uit papier. Gee vir elke gas ’n geskenkie – soos ’n lint-sleutelhouer. Maak dit so prakties as moontlik. Glas is nie altyd ’n goeie opsie nie, omdat dit maklik kan breek. Blikbekers en -borde is ’n absolute moet vir hierdie tipe geleentheid. Gaan kyk ook na ons Pinterest-bord na nog idees.