Die vyfde Unisa Nasionale Klavierkompetisie het op 18 Julie 2015 geëindig met vier finaliste wat voor ’n volgepakte Z K Matthews-Grootsaal gespeel het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Jazz-pianis Lungelo Ngcobo van Durban het die aand geopen met ’n afgeronde en professionele opvoering saam met Victor Masondo (bas) en Rob Watson (dromme).
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Daarna het die Kaapse pianis Kyle Shepherd gevolg, ook in ’n jazz trio, met ‘n energieke en gevarieerde program wat Charlie Parker se Scrapple from the Apple, drie van sy eie komposisies en die voorgeskrewe stuk We will meet again van Billy Evans ingesluit het. Sy spel het beide die jurie en die gehoor beïndruk en hy is tydens die prysuitdeling met die eerste prys van R60 000 in die Jazz Kategorie beloon.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Na pouse het klassieke pianis Willem de Beer Beethoven se Klavierkonsert nr. 4 in G majeur voor sy tuisgehoor opgevoer saam met die Johannesburgse Filharmoniese Orkes gedirigeer deur Maestro Eric Rycroft. Sy vertolking van hierdie populêre konsert het die nodige musikaliteit ten toon gestel, gebalanseer met ‘n foutlose tegniek.
Die laaste optrede van die aand was Megan-Geoffrey Prins, ’n boorling van Riversdal en die wenner van die Klassieke Kategorie. Sy passievolle opvoering van Rachmaninov se monumentale derde konsert in D mineur het die gehoor op hulle voete gebring. Sy virtuositeit en totale kontrole oor die instrument is waarlik indrukwekkend en hy is ‘n waardige wenner van die kompetisie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Prins het ook ’n nasionale konserttoer gewen, geborg deur Schalk Visser Concert Promotions.
Die tweede prys in elke kategorie was R35 000 en is toegeken aan Lungelo Ngcobo en Willem de Beer.
Ses spesiale pryse van R2 000 elk is ook toegeken. Lungelo Ngcobo het die prys vir die beste vertolking van ’n jazz standard in die eerste ronde ontvang, Kyle Shepherd het die prys gewen vir die beste opvoering van ’n Suid-Afrikaanse jazz komposisie in die tweede ronde en Megan-Geoffrey Prins het pryse vir die beste Barok-werk in Ronde 1 en die beste sonata in Ronde 2 gekry.
Die beste semi-finaliste in elke kategorie wat nie deurgegaan het na die finale ronde toe nie, soos bepaal deur die Skadu-jurie was Misha Meyer (Klassieke Kategorie) en Marcel Dednam (Jazz Kategorie).
Al vier die finaliste gaan deur na die opwindende 13de Unisa Internasionale Klavierkompetisie wat in Januarie 2016 plaasvind.
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Hierdie webwerf gebruik koekies.