Deur Vickie de Beer. Foto: Charles Russel
- Maak een hoeveelheid van die basiese sponskoekresep.
- Spuit 2 rolkoekpanne met kleefwerende kossproei. Verdeel die koek-beslag daarin en bak vir 12 min. of tot gaar.
- Laat afkoel en sny 24 sirkels met ’n deursnee van 7 cm uit die koek.
- Maak die basiese bakkersvla (resep onder).
- Voer twaalf 6 cm- losboomkoekpannetjies met twaalf koeksirkels uit.
- Vul tot byna bo met die bakkersvla en sit ’n koeksirkel bo-op.
- Laat set in die yskas. Sny intussen 36 vingerkoekies middeldeur.
- Haal een charlotte op ’n slag uit die pannetjies en pak die vingerkoekies in ’n ring daarom (die vla sal dit laat plak).
- Bind ’n lint om om die koekie stewig te hou.
- Vul die bokant met nog ’n bietjie bakkersvla en vars frambose.
Basiese bakkersvla (crème pâtissière)
Genoeg vir 500 ml
- 40 g koekmeel
- 120 g suiker
- 300 ml melk
- 4 eiergele
- 5 ml vanieljegeursel
- 20 g botter
- Sif die meel en suiker saam en hou eenkant.
- Klits 60 ml van die melk en die eiergele saam. Gooi die meelmengsel by en klits tot glad.
- Verhit die res van die melk oor lae hitte tot dit net begin kook.
- Gooi ’n derde van die warm melk by die eiermengsel en meng goed. Gooi alles terug by die verhitte melk en roer goed.
- Roer deurentyd tot die mengsel dik word. Kook vir 1 min. en roer steeds, want die vla kan maklik aanbrand.
- Gooi die vanieljegeursel by en roer goed.
- Skep uit en bedek die houer met kleefplastiek sodat die vla nie ’n vel maak nie.
- Laat afkoel en hou in die yskas.