Een maklike soet deeg vir drie lekker idees. Ons het die deeg twee keer gemaak vir al ons piekniektertjies. Die deeg vries ook baie goed. (Resep uit “Bakes” deur Tina Bester)
• 225 g botter
• 200 g strooisuiker
• 2 groot eiers
• 500 g meel
Instructions
1 Was die perskes en droog goed af. Verf elke perske deeglik met heuning en rol in die amandels. Sit eenkant. 2 Rol die deeg dun op ’n skoon werkvlak uit wat liggies met meel bestrooi is. 3 Druk ses 12 cm-sirkels uit die deeg. Sit ’n perske in die middel van elke deegsirkel en vou heeltemal met die deeg toe. 4 Druk die deeg met jou hande om die perske sodat dit weer glad en rond is. 5 Rol die res van die deeg weer uit en sny blaartjies vir die perskes daaruit. Druk ’n kaneelstokkie in elkeen vir die stingel. 6 Plak dit met eierglaseersel vas en verf elke perske ook met die glaseersel. 7 Voorverhit die oond tot 200 °C. 8 Laat die perskes vir 30 min. in die yskas rus en strooi die suiker oor. 9 Bak vir 20-25 min. tot goudkleurig en gaar. Draai die pannetjie eenkeer om.
Basiese soet deeg
1 Meng die botter en suiker goed in ’n voedselverwerker. Voeg die eiers een vir een by terwyl die masjien aan is. 2 Voeg die meel by en meng tot dit net begin bymekaarkom. Keer op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit. 3 Druk die deeg met jou hande bymekaar en vorm in ’n plat skyf. 4 Draai goed toe met kleefplastiek en laat vir 30 min. in die yskas rus. (Jy kan die deeg ook in die stadium vries.)