Perske-en-suurlemoen-poeding
Serves: Genoeg vir 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Ons het die poeding vir die foto op ’n bord uitgepak, maar ek pak dit eerder soos ’n koekstruif in lagies in ’n groot glasbak. Laat staan oornag in die yskas en smul die volgende dag!
- • 500 g klaarbereide Madeira-koek, in blokkies gesny
- • 125 ml (½ k) Limoncello (Italiaanse suurlemoenlikeur)
- • 500 g mascarponekaas
- • 500 ml (2 k) room
- • 125 ml (½ k) strooisuiker
- • gerasperde skil van 1½ suurlemoen
- • 250 ml (1 k) nektarienpuree (sowat 6-8 nektariens, geskil en in blokkies gesny, puree met ’n stokmenger tot glad of gebruik ’n voedselverwerker)
- • 12 perskes, middeldeur en in skyfies gesny en nog 6 vir opdiening
Instructions
1 Sit die koekblokkies in ’n middelslagbak en sprinkel die Limoncello oor. Laat week vir 30 min.
2 Meng die mascarpone, room, strooisuiker en suurlemoenskil met ’n elektriese klitser tot lig en donsig.
3 Pak die verskillende lagies in ’n groot glasbak.
4 Begin met ’n lagie van die koekblokkies (nie alles nie), gevolg deur ’n roomlaag, vars perskes en sprinkel laastens ’n lagie van die nektarienpuree bo-oor.
5 Herhaal die lae tot alles opgebruik is.
6 Eindig met ’n roomlaag en tooi net voor opdiening met nog skyfies vars perskes.
Suurlemoennektarienpureeperskepoedingrecipesdessertperske en suurlemoenmadeira-koekkoekstruiflimoncellomascarponekaas
Michelle Nortje
Lees Meer
Die lekkerste botterbroodjies (skons)
21/01/2025
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025