Gebruik oorskietlamsvleis vom dié geurige gereg te maak.
1 Verhit 30 ml (2 e) olie en braai 2 uie, oorlangs gesny, 10 ml (2 t) gekapte knoffel en 10 ml (2 t) gerasperde vars gemmer stadig daarin tot gekaramelliseer. 2 Gooi 250 ml (1 k) basmatirys en 500 ml (2 k) water by en geur met 5 ml (1 t) sout. 3 Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en kook tot die rys gaar is. Hou eenkant. 4 Sny 500 g gaar lamsvleis in kleiner stukkies en voeg by die rys. 5 Meng 180 ml (¾ k) granaatpitte, 100 g pistasieneute en ’n groot hand vol kruisementen koljanderblare by en sit voor.