Genoeg vir 6.
Bestanddele
- 1,8 kg hoender
- 60 ml (¼ k) olyfolie
- 15 ml (1 e) fyn gekapte knoffel
- 15 ml (1 e) gerookte paprika
- hand vol tiemie, fyn gekap
- 3 klein rooi brandrissies, fyn gekap
- 30 ml (2 e) rooiwynasyn
- 5 ml (1 t) sout
Metode
- Werk op ’n skoon werkvlak.
- Sny die borsbeen van die hoender uit. Draai die hoender om en druk dit met die palm van jou hand plat tot die karkas heeltemal oopgevlek is.
- Meng die olyfolie, knoffel, gerookte paprika, tiemie, brandrissie, rooiwynasyn en sout.
- Smeer die hoender met die marinade en laat dit vir 4 uur marineer.
- Maak ’n vuur tot jy genoeg matige kole het. Skuif die kole eenkant toe en braai die hoender oor die indirekte hitte vir 1 uur en 20 min.
- Draai die hoender elke 20 min. om en rooster tot goudkleurig en gaar.