200 g gemengde tamaties, soos geel en Rosa-tamaties
10 ml (2 t) olyf- of avokado-olie
500 ml (2 k) gaar pêrelgort
1 klein rooi ui, baie fyn gekap
60 ml (¼ k) pistasieneute
½ rooi soetrissie, fyn gekap
’n hand vol dadels, ontpit en gekap
’n klein hand vol pietersielie, koljander en kruisement, gekap
Sitrusslaaisous
Meng 10 ml (2 t) mosterd
10 ml (2 t) heuning
10 ml (2 t) suurlemoensap
15 ml (1 e) avokado- of olyfolie
60 ml (¼ k) lemoensap en geur met gemaalde peper
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C. 1 Sit die tamaties op ’n bakplaat en sprinkel die olyfolie oor. Rooster vir 10-15 min. in die warm oond tot die tamaties uitswel. 2 Meng die pêrelgort, ui, pistasieneute, soetrissie, dadels en kruie. 3 Gooi die sitrussous oor en meng goed deur. Voeg die geroosterde tamaties by.