Pêrelgort-en-sampioen-risotto. Resep deur Vickie de Beer.
Pêrelgort-en-sampioen-risotto
Serves: Genoeg vir 8
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Vervang die arboriorys in die resep vir basiese risotto met pêrelgort (pearl barley) vir ’n lekker variasie met ’n lae GI.
- 1 resep basiese risotto (volg skakel bo) - vervang die 400 g arboriorys deur 400 g pêrelgort
- Sampioene
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 250 g (1 pakkie) gemengde, eksotiese sampioene
- ’n paar takkies tiemie, (stroop die blaartjies af en gooi die takkies weg)
- ’n hand vol salieblare
- sout en gemaalde swartpeper
Instructions
1. Verhit die olie in ’n pan oor hoë hitte. Braai die sampioene vir 2 min. tot goudbruin. Geur na smaak.
2. Sit die sampioene op die pêrelgort-risotto voor met ekstra gerasperde parmesaan.
Lees nog:
Vickie de Beer
Lees Meer
Steak-en-sampioen-roerbraai
17/01/2025
Dadelkoek
16/01/2025