Serves:Genoeg vir sowat 60Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
• 490 g (3½ k) versiersuiker
• 45 g sagte botter
• 60 ml (¼ k) ingedampte melk
• ’n paar druppels pepermentolie
• groen en pienk poeierkleursel
• 60 ml (¼ k) mielieblom (Maizena)
Instructions
1 Voer 2 bakplate met foelie uit en vryf glad. 2 Gooi die versiersuiker, botter en ingedampte melk in die bak van ’n staanmenger en sit die spaanhegstuk aan. Meng tot glad en skraap die kante met ’n skraper af. Meng goed. 3 Drup pepermentgeursel by na smaak en meng goed. Verdeel die mengsel in 4 of 6 dele, afhangende van hoeveel verskillende kleure jy verkies. 4 Gooi die poeierkleursel by na smaak en meng goed deur. 5 Sprinkel ’n bietjie mielieblom op jou hande en rol die mengsel in 50c-grootte balletjies. Gee elk ’n duimdrukkie en sit op die bakplaat. Laat uitdroog.
Doen dit reg Vog in die lug het ’n groot uitwerking op tuisgemaakte lekkergoed. Lekkers sal op ’n reënerige dag nie set of uitdroog nie.