1 Voer 2 bakplate met foelie uit en vryf glad. Doen dit reg Pepermentbloeisels
Ingredients
Instructions
2 Gooi die versiersuiker, botter en ingedampte melk in die bak van ’n staanmenger en sit die spaanhegstuk aan. Meng tot glad en skraap die kante met ’n skraper af. Meng goed.
3 Drup pepermentgeursel by na smaak en meng goed. Verdeel die mengsel in 4 of 6 dele, afhangende van hoeveel verskillende kleure jy verkies.
4 Gooi die poeierkleursel by na smaak en meng goed deur.
5 Sprinkel ’n bietjie mielieblom op jou hande en rol die mengsel in 50c-grootte balletjies. Gee elk ’n duimdrukkie en sit op die bakplaat. Laat uitdroog.
Vog in die lug het ’n groot uitwerking op tuisgemaakte lekkergoed. Lekkers sal op ’n reënerige dag nie set of uitdroog nie.