kategorieë: GebakKos

Peerkoek met heuningsous

Genoeg vir 8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 3 pere, in dun skyfies gesny en klokhuise verwyder
  • 125 ml (½ k) heuning
  • 30 ml (2 e) suurlemoensap
  • 180 ml (¾ k) sagte botter
  • 160 ml (2⁄3 k) sagte bruinsuiker
  • 3 eiers
  • 375 ml (1½ k) koekmeel
  • 3 ml (½ t) bakpoeier
  • knypie sout
  • 1 ml (¼ t) fyn kaneel
  • 1 ml (¼ t) fyn neutmuskaat
  • 80 ml (1⁄3 k) melk
  • Dubbeldikroom om voor te sit.

Metode

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  1. Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer ’n ronde 23 cm-koekpan met bakpapier uit en smeer met botter.
  2. Prut die pere, heuning en suurlemoensap vir 5 min. in ’n klein kastrolletjie. Dreineer maar hou die stroop tot later en laat effens afkoel.
  3. Room die botter en suiker saam in ’n groot mengbak tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en meng goed.
  4. Sif die koekmeel, bakpoeier, sout, kaneel en neut by die bottermengsel en meng deur. Meng laastens die melk by.
  5. Gooi die mengsel in die koekpan en pak die peerskyfies netjies bo-op. Bak vir 50 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  6. Verhit die peerstroop weer effens en gooi oor die koek sodra dit uit die oond kom. Sit warm voor met skeppies dubbeldikroom.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.