1. Sit die pere, vye en sultanas in ’n bakkie en skink 15 ml (1 e) van die brandewyn oor. Hou eenkant.Peer-en-vy-sjokolade-salami
Ingredients
Instructions
2. Sit die botter en sjokolade saam in ’n glasbak en smelt oor ’n bain-marie. Roer tot glad en glansend.
3. Klop intussen die strooisuiker, sagte bruinsuiker, eier en eiergeel saam tot lig en donsig. Gooi die mengsel by die gesmelte sjokolade en meng goed. Verhit saam tot warm en die eiers gaar is, sowat 4 tot 5 minute.
4. Sit die koekies in ’n plastieksak en slaan met ’n koekroller tot gebreek maar nie heeltemal verkrummel nie. Sprinkel die orige brandewyn oor die koekies en laat staan eenkant.
5. Meng die gedroogde vrugte, koekies en neute saam in ’n groot mengbak. Gooi die sjokolademengsel by en roer met ’n plastiekskraper tot alles met sjokolade bedek is. Laat eenkant staan vir 5-10 minute tot effens dikker.
6. Neem intussen 2 stukke bakpapier en sit op ’n skoon werksoppervlak. Verdeel die sjokolademengsel tussen die papiere en rol styf op om ’n langerige rol van elk te maak. Sit vir 5 minute in die yskas om te rus en rol dan weer stywer. Sit in die yskas om harder te word vir sowat 2 ure of oornag.
7. Neem 2 skoon stukke bakpapier en sit op ’n skoon werksoppervlak neer. Sprinkel van die versiersuiker oor elk en rol die salami's weer daarin toe net voor bediening. Sny in 1 cm skywe en bedien.