Voorverhit die oond tot 140 °C.Peer-en-okkerneut-koekies
Ingredients
Instructions
1 Sny die vars pere in die lengte in dun lappies. Pak die lappies uit op ’n silikoonmat (silpad) of bakpapier en sprinkel ’n bietjie van die suiker oor. Droog in die oond tot die peertjies droog begin lyk maar nie vorm verloor nie. Laat afkoel en herhaal met die res.
2 Verhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n 8 ml x 180 ml (¾ k)-muffinpannetjie met kleefwerende kossproei.
3 Meng die suiker, olie en eier met ’n elektriese menger of handklitser tot lig en donsig.
4 Voeg die meel, koeksoda en kaneel by en meng tot die deeg begin bymekaarkom. Gooi die melk by en meng tot glad.
5 Vou die neute en pere in en verdeel die deeg tussen die pannetjies. Bak vir 15-20 min. tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel.
6 Smeer die onderkante van die gedroogde peerskyfies met appelkooskonfyt en plak rondom elke koekie sodat die peertjies ’n kroontjie vorm.