Ons was van Kaapstad op pad na die Kgalagadi Oorgrenspark, en dis ’n redelike lang rit. Dit was slim om Pecanwoord Manor in Upington as ons oornagplek te kies.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Ná soveel ure op die pad, was die hotel ’n absolute oase. Ons is vriendelik deur die eienaar verwelkom en sy het ons dadelik laat tuis voel. Ons is bederf met vars linne, handdoeke, baie spasie, ’n televisie in die kamer (ons kan tog nie die rugby mis nie!) en ontbytpakkies vir die volgende oggend se verder ry. Dié pakkies – gevul met jogurt, biltong, ontbytstafies, broodjies en vele meer – het tot ons redding gekom.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die kamers is luuks en daar is heelwat pakplek indien jy sou besluit om langer oor te bly. Daar is lugverkoeling vir die warmer dae in die Noord-Kaap.
Pecanwood Manor is aan die onderkant van die dorp, in ’n boomryke area by die Oranjerivier. Dis ’n stil omgewing en die pragtige koeltebome maak dit ’n lieflike area vir ’n stappie in die laatmiddag.
Jou kleretas, ’n boek (as jy hou van lees), jou rekenaar (as jy werk moet doen).
Pecanwood Manor was ’n verfrissende deel van ons lang reis na die rooi duine. Knoop dit in die oor as jy ’n besoek aan die Kgalagadi Oorgrenspark, die Augrabies Waterval Nasionale Park, die blommeprag van Namakwaland, Riemvasmaak of Namibië beplan.
Dit is moeilik om altyd alles in te neem wat jy ervaar, veral as jy weet jy kom slegs een keer elke ses jaar in daardie omgewing. Maar Pecanwood Manor sal ons nie sommer vergeet nie.
50 Steenbok Avenue, Upington
Webblad: www.pecanwoodmanor.co.za
E-pos: info@pecanwoodmanor.co.za
Kontaknommer: 082 898 4720
Genoeg vir 4 Bestanddele 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…
Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…
Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…
Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…
Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…
1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…
Hierdie webwerf gebruik koekies.