kategorieë: VelsorgSkoonheid

Payot-gesigbehandelings nou by Dis-Chem

Payot-gesigbehandelings nou by Dis-Chem deur Hannelie Diedericks

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Payot-gesigbehandelings

Payot-velsorgprodukte is in 1920 deur een van die eerste Franse vroulike dokters, Nadia Payot, gestig. Sy het haar mediese en wetenskaplike kennis gekombineer met haar kennis van kruie in al die produkte wat sy ontwikkel het.

Die prima ballerina Anna Pavlova was een van haar eerste kliënte. Anna se dansstyl het Nadia geïnspireer en sy het besef hoe belangrik die rol van massering in gesigbehandelings is. Dit het gelei tot die ontwikkeling van haar bekende masseertegniek wat uit 42 bewegings bestaan, en wat steeds in die Payot-gesigbehandelings gebruik word. Die tegniek, waartydens die terapeut se vingers amper soos danspassies in verskillende tempo’s oor die gesig beweeg, het werklike terapeutiese voordele deurdat dit die limfkliere, spiere en bloedsomloop stimuleer en aktiveer wat die vel helderder en jonger laat lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nou is Payot-gesigbehandelings in uitgesoekte Skin Strategy-salonne in Dis-Chem beskikbaar. Daar is vier soorte behandelings wat aan elke velsorgbehoefte sal voldoen:

  • Payot Flash Hydratant (R495 vir 45 min.): ‘n vinnige, bevogtigende behandeling wat die vel opplomp.
  • Payot Éclat Essential (R690 vir 60 min.): ‘n verhelderingsbehandeling, en sluit ‘n aftrekmasker in.
  • Payot Liss Absolu (R895 vir 75 min.): ‘n afskilferbehandeling met alfa-hidroksiesure wat gevolg word deur ‘n bevogtigende hialuroonsuurmasker. Die behandeling fokus op fyn lyntjies en plooie.
  • Payot Lift Absolu (R895 vir 75 min.): ‘n behandeling wat die vel fermer maak met ‘n hidrojelmasker.

‘n Lekker bonus vir alle Dis-Chem Benefit-lede is dat jy vir elke vier gesigbehandelings van dieselfde  soort ‘n vyfde een verniet kry. Bespreek nou deur die Dis-Chem tak te bel of op die Dis-Chem app.

Dis-Chem takke waar die Payot-behandelings beskikbaar is

Gauteng

Johannesburg:

Athol Oaklands

Benmore

Boksburg North

Clearwater

Cresta

East Rand

Farrarmere

Greenstone

Killarney

Nicolway

Northgate

Roodepoort

Valley View

Pretoria:

Centurion

Glenfair

Montana

Olympus

Wonderboom

Noord-Wes:

Rustenburg

Vanaf 2020 sal dit ook hier beskikbaar wees:

Bloemfontein:

North Ridge

Noord-Wes:

Harties

Gauteng:

Jean Ave

Carlwald

Vir nog lekker nuus en raad oor velsorg, loer hier.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

4 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.